Wat ons doen

Dinamika Finansiële Dienste (Edms) Bpk is Finansiële Dienste Raad (FDR) goedgekeurde en geregistreerde Finansiële Dienste Verskaffer. Ons verskaf advies en Tussenganger dienste aan ons kliënte namens verskye FDR goedgekeurde en geregistreerde Produk Verskaffers, insluitende advies oor Dinamika Fonds Bestuurders (Edms) Bpk se bestuurde beleggings opsies.

 

Dinamika dra sy kliënte se gemoedsrus op die hart!

 

Ons lewe tans in die mees onsekere finansiële tyd sedert die dertigerjare van die vorige eeu. Ons besef dat ons kliënte baie bekommerd kan wees oor hul finansiële posisie, veral dié persone wat afgetree is, óf baie na aan aftrede is. Dinamika poog dus om sy kliënte in staat te stel om met gemoedsrus die onsekere finansiële toekoms binne te gaan. Daarom verskaf ons ‘n totale pakket aan ons kliënte wat sal verseker dat die negatiewe wêreldekonomie so min as moontlik impak op u finansiële status sal hê, vir versekerde gemoedsrus gedurende die goue jare na aftrede.

 

Behalwe beleggings verskaf ons ook ‘n eenstopdiens om te verseker dat u naasbestaandes nie onnodige bekommernisse by u afsterwe sou hê nie.

Ons belofte

Ons benadering in terme van beleggings was nog altyd konserwatief met ‘n verspreiding van die beleggings in ‘n goed bestuurde groeiportefeulje. Ons neem nie enige risiko’s met ons kliënte se beleggings nie en ons doen slegs besigheid met maatskappye wat deur die Raad op Finansiële Dienste goedgekeur is.

Nuusflits

Markte 22 Oktober 2019

Die FTSE JSE Alle Aandele Indeks het in die groen gesluit gister +0.696% en genoteerde eiendom het laer verhandel met -0.245%.

Die rand verhandel stabiel op vlakke van R14.76 teenoor die dollar.
... See MoreSee Less

View on Facebook

Dinamika by Music at Paarl Boys' High Gala aand. Wat ‘n wonderlike ervaring😁 ... See MoreSee Less

View on Facebook

Die rand het sterk verstewig aan die einde van verlede week tot op vlakke van R14.77 teen oor die dollar. Tans verhandel die rand effens swakker teen R14.81.

Markte het in die rooi geopen vanoggend en verhandel tans (10.35) laer. JSE Alle Aandele Indeks -0.36%.
... See MoreSee Less

View on Facebook

Skakel elke Maandag aand om 18h00 in op Pretoria FM vir Sake 20/20 saam met Dinamika. Willem Smit en Armand Olivier gesels oor aktuele nuus en sake. Kom luister saam! ... See MoreSee Less

View on Facebook

Markte – 2 Oktober 2019

Die Rand het weer verswak en verhandel tans (08:26) teen R15.37. (+0.31%)

Die FTSE JSE Alle Aandele Indeks het marginaal verbeter gister met +0.22% en genoteerde eiendom (J253) wat gedaal het met -0.141%.
... See MoreSee Less

View on Facebook

Markte – 30 September 2019

Die Rand teenoor die dollar verhandel swakker op R15.18 (08:56).

Markte in die VSA het in die rooi gesluit Vrydag. Dow Jones -0.26% en S&P500 -0.53%.
... See MoreSee Less

View on Facebook

KONTAK ONS OP: 0861 V.I.N.N.I.G (846644) OF 011 749 7300

Ons is hier om te help. Kontak ons telefonies, epos of via ons sosiale media kanale.

** Ons vra om verskoning vir sekere velde wat in Engels is op die Afrikaanse blad, dit is a.g.v omstandighede buite ons beheer

Dinamika Finansiële Dienste (Edms) Bpk is 'n gemagtigde finansiële dienste verskaffer - FSP lis. nr. 46494